| Hierdie site lyk mooi in Opera, Safari en Firefox, en lelik in Internet Explorer | ||||
|
Gigs: Die derde CD, "Drie", is klaar. Hy gaan eersdaags die winkelrakke slaan, maar as jy nie so lank kan wag nie, kontak ons, of koop dit hier. Vir die Rampokkers oor die see, ons sal die shipping betaal as jy voor einde Augustus 2009 koop. Ons hou ook binnekort 'n paar mini CD launches, vir die van julle wat ons massive launch by STRAB gemis het. Die datums is hierbo. Welkom by die musiek van NuL. Al die musiek op dié site is Creative Commons gelicense, wat beteken dis gratis. Jy kan dit download, copy, versprei, op jou eie site sit, daarmee DJ, watookal, solank jy net sê dat NuL dit gemaak het as iemand vra, en solank jy dit nie verander of probeer verkwansel nie. Jy's welkom om dit te remix, kontak ons net eers. As jy Rampokker wil trek, link ons asseblief op jou site as http://www.nul.com.sg. Click op die prentjies hieronder. NuL maak Afrikaanse Elektroniese Rewolusiemusiek. As dit na jou koppie tee klink, gaan bos en begin nou dadelik naarstigtelik op die prentjies hieronder te click om by die musiek uit te kom. Die brein is waar alle nuwe songs, wat nog nie op 'n CD is nie, geupload word. By die hart kan jy al die tracks van ons eerste CD, EeN, download. Die voet is vir allerhande random links waarop ons afkom. Ons sal dit so nou en dan update, so kom kyk een keer 'n maand of so. 'n CD is 'n produk. Dit kan verkoop word. Klank is nie 'n produk nie, dis 'n medium. Om geld te vra vir klank, maak geen sin nie. Dis informasie. Informasie het 'n eie lewe. Dit versprei deur onder andere mense en hul dinge as medium te gebruik en is van nature vry. As jy informasie probeer vang, vind dit altyd die een of ander manier om te ontsnap, en vermy jou in die toekoms. Oor 'n dekade gaan almal dit as vanselfsprekend aanvaar, en hierdie stukkie teks gaan baie naïef lyk. Adriaan Pelzer en Simon Kruger (hierbo, in volgorde) het in 1998 begin verstrengel raak in die wêreld van rekenaars, digitale klank, open source sagteware, en alles wat daarmee gepaardgaan. Op daardie stadium het hulle vorige band, 'n obskure band by name Nothing, pas ontbind. Nothing het meestal in Pretoria, Johannesburg en by Oppikoppi gespeel. Al die nuwe musiek het Adriaan alleen gemaak, maar Simon was betrokke by meeste van die musiek op die CD EeN NuL maak elektroniese musiek, hoosaaklik rekenaar- en synthesizergebaseerd. Ons vroeë musiek het geneig na IDM toe, maar die laaste tyd het daar meer EBM invloede ingekom. Die laaste musiek het ook baie meer dikwels vocals by. As dit wat jy luister dus vir jou 'n bietjie af klink, skip 'n klomp en luister na van die ander - dit mag dalk net in jou smaak val. Of nie. Mail ons asseblief met terugvoer - waarvan hou jy, waarvan nie, of sommer net as jy alleen voel ook. Ons het dit nodig. Party van die klanke is live opgeneem en by die res gemix. Party van die klanke is oor en oor geremix. Party van die klanke het onstaan as binêre files iewers op die sisteem, en is toe direk rou geconvert na klankfiles toe. Party van die klanke het onstaan as prentjies wat geconvert is na klank toe. Party van die klanke is op verskillende plekke regoor die wêreld opgeneem, en daarna onherkenbaar vermink. Party van die klanke het jou ma gemaak. Enige pret is geldig. Hier is al jou afrikaanse musiek downloads, waar jy afrikaanse ebm kan download, idm en industrial musiek, electronica, afrikaanse elektroniese musiek vir jou om na te luister, alles downloadable mp3's, mp3 downloading, maklike gratis down loads, op die internet, musiekfiles wat gedownload kan word. Absolute gratis musiek, download gratis musiek op die net, liedjies op die web, soos gnutella, die file sharing app, maar kry nou die volle albums om te down load, luister na afrikaans, hoor afrikaans, soundtracks van pure emusiek in afrikaans. Download afrikaanse musiek, 'n site met afrikaanse ebm, afrikaanse idm en afrikaans industrial musiek, afrikaanse electronica, afrikaanse elektroniese musiek. Luister na die musiek, absoluut gratis, alles downloadable mp3's, mp3 downloading, gratis herbruikbare down loads, gepubliseer op die internet, die musiekfiles van al my songs. Hierdie is gratis musiek. Gaan voort en download gratis musiek hier op die net, in afrikaans, afrikaanse musiek op die web, afrikaans, vergeet van gnutella, of enige ander file sharing app, kry die volle albums te down load nou, luister na die albums, hoor dit, al jou emusic soundtracks. |
||||
|
Hartswater - gemaak deur Nil die Lange |
Rampokkertelling: |
|||