| Hierdie site lyk mooi in Opera, Safari en Firefox, en lelik in Internet Explorer | ||||
|
EeN is ons eerste CD. Dit bestaan uit musiek wat ons gemaak het sedert die groot skuif na rekenaarmusiek in 1998 op 'n almagtige Pentium II 350 MHz, tot in 2004, toe die eerste tekens van 'n shift na EBM en Industrial begin kop uitsteek het. Ons het dit gesien as 'n teken, en die CD aanmekaargeslaan. Click op die rooi kolle. © NuL 2004 |
||||
|
EeN EeN is ons eerste CD. Dit bestaan uit musiek wat ons gemaak het sedert die groot skuif na rekenaarmusiek in 1998 op 'n almagtige Pentium II 350 MHz, tot in 2004, toe die eerste tekens van 'n shift na EBM en Industrial begin kop uitsteek het. Ons het dit gesien as 'n teken, en die CD aanmekaargeslaan. Click op die rooi kolle. Wakkerslaap
Wakkerslaap is doelgemaak as 'n inleiding vir die CD, net voor die CD gemaster
is. Die idee is dat dit as 'n mental paletskoonmaker moet dien, om jou bietjie
te laat vergeet waaraan jy nou net gedink het, op 'n nie-indringende manier, sodat jy kan
reg wees as die
tweede song
begin. Op die Spykertafel
Op die spykertafel is een van die eerste songs - Simon het 'n op 'n dag 'n paar baie cool
Fruityloops
sessions by my aangebring, en ek het hulle gesequence en met effekte gespeel. Hierdie is een van hulle, en nog steeds party dae een van my favourites. Rina
Dag in en dag uit slaan Rina haar vingers stomp op die till by Checkers, en kom einde van
die maand, kan sy skaars haar
perm
bekostig. Een dag word sy egter wakker en weet dat hierdie dag anders gaan wees as al die ander... Die Gatsometer
Een van die meer sinnelose dinge wat ek al gedoen het, was om in Centurion te bly
vir 'n jaar en 'n half. Dis ongeveer 18 lasbriewe vir spoedfines. Die woorde het later
so min gewig begin dra, dat ek gevoel het dit regverdig om gerecord te word. En
seremonieël opgesny te word... 280g
280g - die gewig van jou hart. Ons het een aand gerecord saam met Tiaan, en op 'n stadium
het hy begin blaai in 'n Wêreldspektrum. Hy't begin lees, ons het dit gerecord, en dit
het baie lekker gewerk by 'n halfklaar song wat ons mee besig was.
Atari
Hierdie is ook 'n baie ou song. As ek reg kan onthou, was dit een van die batch
Fruityloops
sessions wat
Simon saam met
Op Die Spykertafel
gedoen het. Die naam Atari het eers saam met die voice-sample gekom (uit die Anime
Hikaru No Go
)
In die aand in die Spens
Al die loops vir die song is
geteken.
Verskillende kleure vir stereo imaging, tyd op die X-as en
frekwensie op die Y-as. Dit het baie lank gevat, maar dit was groot pret. Synthesizers is baie makliker,
though :P
Die Ysterkoei met Beet
Die naam (en die woorde) is
skertsend,
en definitief nie offensive bedoel nie, as enigiemand sou wonder. Die klanke in die agtergrond is baie oud -
van die eerste goed wat ek gemaak het. Die woorde ook. Die samevoeging van die twee is nuut, asook
die recording.
Cancancancancancancan
Hierdie was gemaak vir Blikskottel op KykNet, en
Diek Grobler
het 'n lekker kickass animasie gemaak en daarop gesync. Ek wou al so iets doen sedert Aphex Twin se cover van
Popcorn.
Luister so 30 keer direk na mekaar daarna. Dis lekker demented ]:)
Hie Haai Hie Haai Hou
Hehehe. Dis wat gebeur as jy aanhou record terwyl niemand regtig meer iets het om te sê nie. Ek het iets hieruit gemaak sommer net vir die grap (en die lekker), maar toe kom ek agter dat klein kiddies mal is daaroor. Hulle is natuurlik ook net plein mal...
Don't mock the animals ('cause the animals don't know)
Ook 'n ouerige song. Simon het 'n klomp loops gemaak, onder andere die vocal loop hierin. Ek het hulle
aanmekaargetimmer. Somer III
Dit het begin met 'n impromptu recording van Tiaan wat
Summertime
sing. Ek kom toe agter dat sy stem nogal great klink as 'n mens dit af pitch-shift, en later het Jacques kitaar daarop gespeel, en Retha fluit, en dit het die song se groove geword.
Guy W Brush
As jy nog nooit
Monkey Island
gespeel het nie, doen dit. Jy sal Monkey Island I & II tien teen
een iewers kan download, en dit run definitief op
ScummVM
, Linux. Die sample hierin kom uit Monkey Island III uit, waar die kanibaal homself aan
Guybrush Threepwood
voorstel.
Nooit op Mars
Nog een van daai lekker batch
Fruityloops
sessions waarmee Simon een dag hier opgedaag het.
Selfde storie - Simon het die ruggraat gemaak, en ek het die vleis ingesit. Die Generiese Ooms met die Ligblou Windbreakers
Party Ooms is nou maar eenmaal nie uitgeknip vir al die veranderinge in Suid-Afrika nie. En party Ooms, wel, hulle
het bietjie kak aangejaag in die Ou Suid-Afrika, en nou's hulle in die moeilikheid... |
||||
|
Hartswater - gemaak deur Nil die Lange |
||||