| Hierdie site lyk mooi in Opera, Safari en Firefox, en lelik in Internet Explorer | ||||
|
Die songs hieronder is nuwe songs wat iewers in die toekoms op 'n CD gaan kom, songs wat dit nie tot op 'n CD gemaak het nie, of albei. Gewoonlik word die songs geremaster wanneer 'n CD gefinaliseer word, en dan kan die klank van die song dalk heeltemal verander (ons het in sekere gevalle selfs van die vocals op van die songs oor opgeneem in die mastering-proses). Click op die geel kolle. © NuL 2005 |
||||
|
Die songs hieronder is nuwe songs wat iewers in die toekoms op 'n CD gaan kom, songs wat dit nie tot op 'n CD gemaak het nie, of albei. Gewoonlik word die songs geremaster wanneer 'n CD gefinaliseer word, en dan kan die klank van die song dalk heeltemal verander (ons het in sekere gevalle selfs van die vocals op van die songs oor opgeneem in die mastering-proses). Click op die geel kolle. Vloek
Die storie gaan so: Vier onskuldige vriende gaan kuier vir 'n naweek op 'n verlate plaas wat die
een ou iewers van gehoor het. Hulle is ge-gear met genoeg drank en kos vir 'n lekker naweek, maar
veral genoeg drank. Soveel so dat hulle nie besef dat alles op die plaas nie pluis is voor dit heeltemal
te laat is nie... Laan van Smarte
Nugter alleen weet waar dit begin het - seker by die
Huisgenoot
- maar Afrikaanse mense kan soms die grootste pot kak oneindig vermaaklik vind. Dit geld vir alles van
musiek
tot poepgrappies. Myns insiens is
Sewende Laan
'n sprekende voorbeeld van hierdie verskynsel. Onluisterbare kenwysie, onnosele direction, onnatuurlike diksie,
die lys gaan aan... Plek
Hierdie is my eerste Lovesong ooit. Ek het dit geskryf vir my beautiful partner, vrou, en ma van my tjokker - Mareli Minnaar. Elke woord is die waarheid, so goed as wat ek dit kon verwoord... Elektro-Berzerk
Hierdie song is 'n call tot Rewolusie. Luister hierna op dae wanneer jy op jou gatvolste is, of wanneer jy lus voel om iets te verander. As jy reg is vir aksie, bel my - dan maak ons 'n plan. Hoog tyd... Mystic Bohemia
Op Vrydagaand, 7 Maart, 2008 het die Suid-Afrikaanse Polisiediens drugraids uitgevoer op drie pubs in Stellenbosch - Die Mystic Boer, Bohemia en Springbok pub. Gedurende die verloop van die raids het die polisie oor etlike toue getrap. Hulle het onder andere skote afgevuur in vertrekke vol onskuldige mense, sonder provokasie gelaaide gewere direk op mense gerig, vrouens "deursoek" binne-in hulle onderklere en vele mense aangerand. Hierdie song is geskryf in reaksie daarop. Hoëveld
Hoëveld is 'n sinspeling op die gedig van Toon van den Heever met dieselfde naam. Toe Oom Toon sy gedig geskryf het, was die hoëveld sonder blackwattels, oopgroefmyne, brak fonteine, kragstasies en Sasol-aanlegte. Die hoveld was soos die antitesis van die woestyn. Ewe oop, kaal en leeg, maar met volop water en weiding. Hierdie song gaan oor die nuwe hoëveld - die vuil ene. Über-Rampokker
Ons het Über-Rampokker geskryf vir Chris Erasmus, ons goeie vriend vir baie dekades, en ons kameraman en beligtingsdude. Hy het in Mei 2008 op sy bike gespring, en teen die weskus van Afrika opgery tot in Spanje. Om alles te kroon, het hy die hele trip stoksielalleen verfilm, en tussendeur nog 'n Facebook Page ook op datum gehou. Hierdie is 'n song vir die pad ... |
||||
|
Hartswater - gemaak deur Nil die Lange |
||||